Select Page

projek ter ondersteuning van ons Karoo Boeregemeenskap wat baie swaar trek met die ergste droogte ooit.

Bring jou eie kombers of stoel, ‘n piekniekmandjie en jou “Skoenboks vir ‘n Boervrou” en kom luister na die pragtige stem van Helene Bester in die fabelagtige tuin van die Loubsers te Willsonstraat in Fairland.

Brink asb ‘n skoenboks/wynboks en toedraai in koerantpapier (lekker stewig met lint ombind) as geskenkpakkie vir ons “Skoenboks vir ‘n Boervroue” projek.

 

Voorgestelde items vir binne die boks

Badkamer: sjampoe, tandepasta, lekkerruikgoed vir hom en haar, skeermessies, tissues, haarrekkies, maskara, pleisters, panados, lipstiffie.

Eetgoedjies: lekkergoed wat nie sal smelt of breek nie, jellie, speserye, oats, noedels, tuna, kondensmelk, soppoeier, gebikte mielies, cuppuchino sakkies.

Ander goedjies: tydskrif, penne en potlode, mooi serpie en ‘n vatlap/vadoek/ afdroogdoek.

Anders mag jy insit wat jou sak pas.
Geen name binne asb.

Datum: 23 November 2019

Venue: 206 Willsonstraat, Fairland

Veilige parkering: Ingang uit San Juan Ave naby hoek van Wyoming Ave (GPS -26.132107, 27.951936)

Tyd: 11:00- 14:00

Koste: R200 per persoon
(alle inkomstes gaan na die diesel projek)

RSVP teen 20 Nov @ 011 678 -3495, 083 625 1518 of per epos na
dkruger@uj.ac.za