Select Page

Ons gemeenskapsdiens en -uitreik bediening is een van die pilare van ons as omgee-gemeente as  “draers van hoop” vir die mense van ons omgewing.

Veral gedurende hierdie COVID-19 krisis is die volgehoue ondersteuning van ons gemeentelede so belangrik om ons in staat te stel om te kan  uitreik na individue en gemeenskappe in nood met kos, klere, komberse en ander noodsaaklike items.

Ons het die afgelope paar maande voortgegaan met ondersteuning van behoeftige gesinne en bejaardes deur beide ons nood-voedselprojek asook ons deelname aan Helpende Hand se die Josef Silo projek.  Ons kon uitreik na mense op straat met ons komberseprojek.  Ons kinderhuisprojekte by die Geelhuis en Abraham Kriel stoom voort en ons ondersteun ook Thusanang met ‘n maandelikse bydrae van kos en kleertjies.  Ons “Graan vir Boere” konsert met Helene en Jak is noug verskuif na Saterdag die 6e Februarie 2021 steeds in die tuin van Martin en Dalene Laubser en ons sien uit daarna!

Ons voedselprojek het die afgelope drie maande reeds pakke en pakke voedsel aan behoeftige gesinne in Fairland, Greymont, Krugersdorp, Zandspruit, Eldoradopark en Munsieville verskaf en ons beplan on DV tot einde Desmeber daarmee voort te gaan.