Select Page

Ons kerkkantoor gebruik twee rekenaars en soos die tyd aanstap, tree die ouderdom orals in. Dit het dus tyd geword om na hierdie saak te kyk, want die HDMI-poort op die rekenaar wat Sondae gebruik word, werk nie meer nie. Dit is dus ’n uitdaging om die skyfies te vertoon.

Dit is ongelooflik hoe die pryse van skootrekenaars ook aangeskuif het — en ons praat nie meer van kleingeld om hierdie toerusting aan te koop nie. Met die hele wêreld wat agter KI (AI) aanstap, is daar heelwat prysverhogings op klein hardeskywe en geheue. Die gevolg is dus duurder rekenaars.

Ons reik dus uit na die gemeente en vra vir skenkings en donasies tot die aankoop van ten minste een nuwe rekenaar. Die teikenbedrag is R15 000, en inbetalings kan direk aan die kerkkantoor gemaak word. Dui net aan: skootrekenaar.

Ou rekenaars word nie oorweeg nie, want die interne werking van die bedryfstelsels het ook aangeskuif en werk nie meer noodwendig op ou rekenaars nie. Die groot verskaffers het dus begin versuim om sekuriteitsaspekte te adresseer en ondersteun nie meer ’n rekenaar as dit nie aan die minimum vereistes voldoen nie. Ou rekenaars is dus soos ou voertuie waar die handelaar nie meer parte voor het nie.

Kortom: Ons soek R15 000 vir ’n nuwe skootrekenaar.