Select Page

Hierdie afgelope Sondag het die gemeente ’n besondere voorreg gehad toe die Alberton Mannekoor by ons kom optree het. Die koor is in 1992 deur Bennie Bierman gestig en staan sedert 2018 onder leiding van dr. Paul Potgieter. Hulle is ’n mannekoor uit Alberton (tuis by NG Kerk Alberton-Wes) wat graag by kerke en gemeenskapsgeleenthede sing — van Paas- en Kersprogramme tot lofdienste en hul gewilde soirée choralis.

Die gemeente het die oggend se sang en instrumentale optredes waardeer, en daarna het ons in die saal saam tee en skons geniet. ’n Warm dankie aan die Alberton Mannekoor dat julle die pad na Fairland toe gelê het en jul stemme so vrylik met ons gedeel het. Julle besoek was ’n seën — ons waardeer dit opreg.