Select Page

24 Junie 1955: So word dit hiermee amptelik aangekondig. Naam: Nederduitse Hervormde of Gereformeerde Kerk van Suid Afrika, gemeente Fairland. Ringverband: Ring van Langlaagte. Konsulent: Leraar van Linden.

Wat ‘n dag en om te dink ons is sewentig jaar oud. ‘n Getal met baie simboliek in die Bybel en sowaar ‘n mylpaal in ons gemeente se geskiedenis. Die getal 7 verteenwoordig dikwels goddelike volmaaktheid. Vermenigvuldig dit met 10 (’n getal van volheid of omvang), en jy kry 70—’n simbool van volledige geestelike orde.

Die huidige kerk se hoeksteen is eers op 31 Maart 1962 gelê en later is die vergrote kerk kompleks op Sondag 11 April 1978 ingewy. Ons kan dus sien dat die gemeente gegroei het en later is Weltevreden afgestig om almal te akkommodeer.

Dit is dus tyd om bymekaar te kom en te reflekteer, weer ou kennisse te ontmoet en te gesels.

Datum: 8 November 2025
Plek: NGK Fairland
Kostes: R200 per kop (spitbraai)

Ons braai nie ‘n os soos op Kromdraai nie, maar beslis ‘n skaap of twee. Hou die datum oop en hou ‘n oog oop vir die besprekings. Kostes beloop R200 per kop en kaartjies sal aanlyn en by die kerkkantoor beskikbaar gestel word.

Sien julle daar.