Select Page

So maak mens vetkoek

Baie maalvleis en heelwat vetkoek word met liefde en sorg saamgevoeg en versigtig in pakkies geplaas, dan oorgeplaas na houers waarin dit warm gehou word.

Die voorbereiding om alles te kook en tafels op te slaan het ons tot hier gebring.  Woensdag 24 September 2025 staan nie meer bekend as “braaidag” nie.  Dit is nou ‘n dag vir basaar hou en vetkoek verkoop.

Hierdie geleentheid is moontlik gemaak deur Weltevreden, wat Fairland se versoek om deel te wees van hulle basaar, laat waar word het en was dit ‘n fees.  Van vroeg dag af het mense opgedaag om pannekoek te bak, vleis te braai en roosterkoeke te maak. Ons span was deel van die hele oefening en het 403 vetkoeke verpak.

 

Nou verkoop ons

Vetkoeke verpak en gereed kry vir verkoop is een ding, maar die verkoop is heel iets anders.  Ons moes kompeteer teen die heerlike geur van braaivleis en groot hoeveelhede pannekoek.  Die Fairland span het egter nie teruggestaan nie en het van vroeg af handel gedryf.

Die terugvoer was gunstig en sommige mense het teruggekom vir nog en selfs geneem vir aandete.

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het om hierdie geleentheid ‘n sukses te maak en veral ons dank aan Weltevreden wat Fairland ondersteun.

Mag klein gemeentes onder die vlerke van die groot gemeentes sukses behaal.  Sommer net kerk wees en saam as familie van Christus dae soos hierdie kan geniet.