Oktober is die tiende maand van die jaar — ’n goeie tyd om weer stil te word by die Bybelse beginsel van die tiende.
In Maleagi 3:8–12 vra die Here: “Sal ’n mens God beroof?” Hy verbind die tiende en die hefoffer aan trou teenoor Hom, en beloof: bring die hele tiende in die voorraadkamer, sodat daar kos in Sy huis kan wees. Dan beloof Hy seën wat oorvloei, en beskerming oor wat julle opgebou het.
Vir ons as gemeente gaan dit nie net oor geld nie, maar oor vertroue: ons gee omdat alles van die Here kom, en omdat ons sy werk in Fairland wil ondersteun. Mag hierdie tiende maand ons weer herinner om getrou te wees met wat Hy aan ons toevertrou.
Vir diegene wat ‘n simboliese 10de wil bydra vir Oktober 2026: Besluit op ‘n bedrag en betaal dit in die kerk se rekening in met die volgende verwysing: “10de Maand”. Ons sal al die tiendes bymekaar tel vir Oktober en die opbrengs aan die einde bekend maak.
Recent Comments