Jennie Allen nooi al meer as ‘n dekade vroue van regoor die wêreld uit om Jesus te volg en ander te dissipel om dieselfde te doen.
Maar in 2022 het sy begin worstel met ‘n vraag: “Wat as Jesus oor 10 jaar terugkom?”
Huidiglik is daar 5,5 miljard mense op aarde wat Jesus nie ken nie. As ons werklik geglo het dat Hy binnekort sou kom, wat sou ons doen om hulle te bereik? Wat sou die wêreldwye Kerk bereid wees om te doen? Kan 2,5 miljard Christene op aarde gemobiliseer word om die Evangelie te verkondig?
Wat behels Gather25
Deur middel van regstreekse stroomtegnologie sal die Globale Kerk saam inskakel vir gebed, aanbidding en bekering. Elke kontinent sal ‘n gedeelte van die 25 uur aanbied. Daar sal stories vertel word van wat God op elke kontinent doen. Daar sal kragtige tye van aanbidding wees. En daar sal ‘n wêreldwye “uitstuur” van die werkers wees om die oes in te samel.
Waneer vind dit plaas
Gather25 vind plaas op Saterdag 1 Maart 2025. Omdat die byeenkoms egter 25 uur lank is en omdat tydsones baie verskil, sal die begintyd vir baie lande die vorige aand wees.
‘n Skedule is beskikbaar by die volgende skakel: Gather25 | 25-hour Global Christian Conference in 2025
Fairland beplan om deel te neem en sal nader aan die datum die nodige besonderhede deurgee.
Recent Comments